Maledive

Republiek die Maledive
ދިވެހިރާއްޖޭގެ ޖުމްހޫރިއްޔާ (Dhivehi)
Dhivehi Raajjeyge Jumhooriyyaa
Vlag van Maledive Embleem van Maledive
Vlag Embleem
Nasionale leuse: الدولة المحلديبية
(Dhivehi vir: "Staat van die Mahal Dibiyat")
Volkslied: ޤައުމީ ސަލާމް
Gaumii salaam
(Dhivehi vir: "Nasionale saluut")
Ligging van Maledive
Hoofstad Malé

4°10′N 73°30′O / 4.167°N 73.500°O / 4.167; 73.500

Grootste stad Malé
Amptelike tale Dhivehi
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Mohamed Muizzu
Hussain Mohamed Latheef
Onafhanklikheid
• Onafhanklikheid
• Huidige grondwet
van die Verenigde Koninkryk
26 Julie 1965
7 Augustus 2008
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
300[1] km2  (187ste)
120 myl2
≈99
Bevolking
 - 2018-skatting
 - 2022-sensus
 - Digtheid
 
392 473 (175ste)
521 020[2]
1 102,5 / km2 (8ste)
2 855,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$14,740 miljard[3] (157ste)
$37 094[3] (54ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$6,977 miljard[3] (161ste)
$17 559[3] (58ste)

MOI (2021) 0,747[4] (90ste)  –  hoog
Gini (2019) 29,3[5] –  medium
Geldeenheid Rufiyaa (MVR)
Tydsone
 - Somertyd
MVT (UTC+5:00)
nie toegepas nie (UTC+5:00)
Internet-TLD .mv
Skakelkode +960

Die Maledive of Maledive-eilande (Dhivehi: ދިވެހިރާއްޖެ, Dhivehi Raa'jey), amptelik die Republiek die Maledive (ދިވެހިރާއްޖޭގެ ޖުމްހޫރިއްޔާ, Dhivehi Raajjeyge Jumhooriyya), is 'n tropiese eilandstaat in Suid-Asië en die Indiese Oseaan. Dit bestaan uit 1 192 eilande, waarvan ongeveer 200 bewoon is. Die Maledive is die kleinste onafhanklike land in Asië met 'n oppervlakte van 300 km² en 'n bevolking van 521 020 in 2022. Die hoofstad en grootste stad is Malé. Die Maledive is sowat 700 km suidwes van Indië, 400 km suidwes van Sri Lanka en 500 km noord van die Chagos-argipel geleë. In die noordweste sluit die Arabiese See aan.

Nasa-Satellietbeeld van die Maledive
Kaart van die Maledive

Die naam "Maledive" is waarskynlik ontleen aan die Tamil-woorde maalai ("krans") en theevu ("eiland"),[6] of මාල දිවයින (Maala Divaina, "halssnoereilande") in Singalees.[7] In Sanskrit beteken mālādvīpa (मालाद्वीप) "krans van eilande". Die landsnaam verwys darem ná die Maledive se geografiese vorm as 'n eilandketting. Die antieke Sri Lankaanse kroniek Mahawamsa verwys ná 'n eiland met die naam Mahiladiva ("eiland van vroue", महिलादिभ) in Pali, wat waarskynlik 'n verkeerde vertaling van die Sanskritnaam is.

Die Maledive het in 1887 'n Britse protektoraat geword, maar op 26 Julie 1965 word dit 'n onafhanklike land. In onlangse jare het die Maledive 'n belangrike en gewilde toeristebestemming geword wat die ekonomie laat groei het. Saam met Sri Lanka is die Maledive net een van twee Suid-Asiatiese lande wat as "hoog" op die Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI) geranglys word en sy MOI-gradering per capita-inkomste is die hoogste onder Suid-Asiatiese lande.

Die Maledive word ernstig deur klimaatverandering bedreig en saam met ander klein eilandstate beywer die regering hulle vir die bekamping van aardverwarming. Die Maledive handhaaf sterk bande met ander eilandstate in die Indiese Oseaan soos die Comore-eilande, Mauritius en die Seychelle. In 2016 het die Maledive die Britse Statebond verlaat, uit protes teen internasionale kritiek op sy rekord in verband met korrupsie en menseregte.[8] Die Maledive het, nadat hulle funksionerende demokratiese prosesse en volksondersteuning kon bewys, weer op 1 Februarie 2020 by die Statebond aangesluit.[9]

  1. "Maldives". Central Intelligence Agency. Besoek op 18 November 2023.
  2. (en) "Maldives Population Projections 2014–2054". Nasionale Statistiekkantoor. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2021. Besoek op 24 Mei 2020.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Maldives". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 18 November 2023.
  4. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 18 November 2023.
  5. (en) "Gini index – Maldives". Wêreldbank. Besoek op 18 November 2023.
  6. (en) Hogendorn, Jan en Johnson Marion (1986). The Shell Money of the Slave Trade. pp. 20–22. ISBN 0-521-54110-7. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  7. (en) P.E.P Deraniyagala in Senarat Paranavitana; Leelananda Prematilleka; Johanna Engelberta van Lohuizen-De Leeuw (1978). Senarat Paranavitana Commemoration Volume. Brill. pp. 52–. ISBN 978-90-04-05455-4. Besoek op 14 Maart 2020.
  8. (en) "Commonwealth Secretariat". 13 Oktober 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 14 Maart 2020.
  9. (en) "Maldives rejoins Commonwealth after evidence of reforms". The Guardian. 1 Februarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op 14 Maart 2020.

Developed by StudentB